Paradys Oubos
Dan kom ons by die paradys… Daar in die suide, naby Kareedauw, ry jy oor ‘n grondpad en as jy verby (voorbij) die eerste dorpie is, verby die hek, verby die dorpie Eersterivier, verby die volgende hek… daar as die pad nie verder gaan nie… dan lê daar Oubos. Teen die berg, by die see.
